Neurodiversiteit verwys na die variasies in die menslikebrein wat betref sosiale gedrag, leervermoë, aandag, buie en ander geestelike werkinge in 'n niepatologiese sin.[1] Die term is in 1998 geskep deur die sosioloog Judy Singer, wat saam met die joernalis Harvey Blume gehelp het om die begrip gewild te maak.[1] Dit daag ander sienings uit, soos dat sekere neuro-ontwikkelingsteurings inherent patologies is, en aanvaar daarenteen die sosiale model van gestremdheid, waarin die gemeenskap se grense die grootste faktor is wat mense "gestremd" maak.[2][3]
Dié siening is veral gewild in outismekringe, waar dit omstrede is en teenstanders voel dit weerspieël nie die realiteite van individue wat 'n groot behoefte aan steun het nie.[4][5]
↑ 1,01,1Armstrong, Thomas (2011). The power of neurodiversity : unleashing the advantages of your differently wired brain (1st Da Capo Press paperback uitg.). Cambridge, MA: Da Capo Lifelong. ISBN978-0-7382-1524-2. OCLC760085215.
↑Oliver, Michael, 1945–2019. (2006). Social work with disabled people. Sapey, Bob. (3rd uitg.). Basingstoke, Hampshire: Palgrave Macmillan. ISBN1-4039-1838-4. OCLC62326930.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)